Hendrik IV van Engeland

Hendrik IV
Koning van Engeland
’n Portret uit die 16de eeu van Hendrik IV.
’n Portret uit die 16de eeu van Hendrik IV.
Huis Lancaster
Regeer 30 September 139920 Maart 1413
Voorganger Richard II
Opvolger Hendrik V
Eggenote Maria de Bohun
Johanna van Navarra
Kinders Hendrik V, Thomas van Clarence, Jan van Bedford, Humfred van Gloucester, Blanche en Philippa
Gebore 3 April 1366
Oorlede 20 Maart 1413
Vader Jan van Gent
Moeder Blanche van Lancaster
Handtekening

Hendrik IV (3 April 136620 Maart 1413) was van 1399 tot 1413 koning van Engeland. Hy was die negende koning van die Huis van Plantagenêt en het nes sy oupa ook aanspraak gemaak op die titel koning van Frankryk. Hy is in Bolingbroke-kasteel in Lincolnshire gebore, vandaar sy ander naam, Hendrik (van) Bolingbroke. Sy pa, Jan van Gent, die 1ste Hertog van Lancaster, was die derde seun van Eduard III, en een van die regente van Hendrik se neef, Richard II (vir wie Hendrik later van die troon gesit het). Hendrik se ma was Blanche, die erfgenaam van die talle Lancaster-landgoede. Hendrik IV is dus die eerste Engelse koning van die Lancaster-tak van die Plantagenêts, een van die twee familietakke wat in die Rose-oorlog betrokke was (die ander was die Huis van York).

In 1380 het hy met Maria de Bohun getrou. Hulle het ses kinders gehad:

  • Hendrik V
  • Thomas van Clarence
  • Jan van Bedford
  • Humfred van Gloucester
  • Blanche
  • Philippa

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search